Dis seker een van die moeilikste goed om te doen, om te wag.
Job het baie ver voor my in die ry gestaan toe geduld uitgedeel is, en dis die einste ding waarmee ek die meeste getoets word.
Ek dink die eerste helfte van ’n werksonderhoud vir ontvangsdames by spreekkamers, bank klerke en binnelandse sake moet ’n toets oor respek vir ander se tyd wees. Of dalk moet die eerste dag in Graad 1 ’n soort noodhulp-kursus oor die belangrikheid van betyds-wees insluit .
Respek vir tyd is ’n lewensbeginsel wat by my vasgelê is. Respek vir mý tyd en vir ander s’n.
Elke minuut in my dag het ’n naam, en as een van hulle eers begin afdwaal voel dit vir my of al die ander minute begin rondskarrel soos afkophoenders.
Die ander probleem is as ek eers ’n ding in my kop het, moet dit nóú gebeur.
Ek het planne, baie planne, en die horlosie tik!
Terwyl ek gisteraand besig is om al die deegbolle wat vandag moet brode word, te vou en weg te pak, fluister die Here vir my “Waar’s die respek vir Mý tyd?”
Hmmm…
Ek kry net daar ’n noodhulp-les oor Sy tyd en my tyd, en dis nie wat ek wil hoor nie.
Mens kan so maklik jou roeping mis, omdat jy God wil aanjaag. En as jy dit eers gemis het, dwaal jy soos ’n swerwer al soekende in hierdie lewe rond, want jy kan mos nog steeds kies of jy op jou eie horlosie wil kyk.
Vanoggend herinner Hy my weer dat een dag vir Hom soos ’n duisend jaar is en ’n duisend jaar is soos een dag, maar die blessing lê in jou geduld en respek vir Sy tyd.
Die meel is jou drome en die brood die gewaarwording daarvan.
Die magic gebeur terwyl jy wag.
Kopiereg: Claudia Scheepers
Wil so graag brood bak, ek het nou die resep maar geen idee wat ń “starter” is nie🙈🙈 wil graag by jou wil in haak😊
Hi Dorette, gaan kyk gerus op my aanlynwinkel, daar is e-boeke wat jou stap-vir-stap wys presies wat om te doen. Jy kan ook van my starter koop (Lasarus) en dan verduidelik ek jou presies wat om te doen.
Jy praat waar Clauds..ek is uit die aard van my werk ook baie ingestel op tyd…. maar …waar is die respek vir die Here se tyd…. het my oor my vingers getik
…🤗
Ek wil baie graag ń broodjie bak wat moet ek doen?
Wat moet ek doen om asseblief ń resep te kry vir suurdeeg
Hello Hantie
As jy vir Lasarus op my aanlynwinkel koop, stuur ek vir jou die starter se resep en my topverkoper suurdeegbrood se resep, stap-vir-stap saam. Jy kan ook kyk na my e-boeke wat jou presies verduidelik wat om te doen. Jy het dan natuurlik toegang tot my en ek help jou tot jy dit regkry.